February 26, 2021

Dink jy ’n mini-rugbywêreldbekerreeks is ’n goeie idee?

Foto: The South African

AUSTRALIË. –  Hamish McLennan, die voorsitter van Rugby Australië (RA), sê die land is bereid om ’n mini-rugbywêreldbekerreeks tydens die suidelike halfrond se winter aan te bied.

Volgens The South African het die Covid-19-pandemie veroorsaak dat die rugbykalenders leeg is. McLennan het gesê Australië het bewys hulle is bevoeg genoeg om ’n sportgeleentheid in ’n veilige omgewing aan te bied.

Australië was verlede jaar gasheer vir rugbykampioenskappe tussen Argentinië, Australië, Suid-Afrika en Nieu-Seeland. As gevolg van die Covid-19-pandemie het Suid-Afrika sy land se grense gesluit en hulle moes toe die kampioenskappe mis. RA beplan om ander lande te vra of hulle in ‘n toernooi sal speel wat parallel met die rugbykampioenskap kan plaasvind.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: