Altesaam 30 voëls vrek by Kamfersdam

Foto: Kamfersdam uit die lug uit (kimberley.org)

KIMBERLEY. – Altesaam 30 voëls het die afgelope tyd hier gevrek.

Die Kamfersdam is bekend as ‘n broeiplek vir kleinflaminke. “Geen flaminke het tot dusver gevrek nie.”

Luphahla sê Mase Manopole, LUR, het ‘n span wetenskaplikes en veeartse gestuur om te kyk wat die oorsaak is van die voëls wat gevrek het.

“Die plaaslike mynmaatskappy, Ekapa, het gehelp sodat ons veeartse monsters van die water kan neem, wat nou gestuur is vir ontleding. Ons hoop om die resultate gou te kry.”

Hy sê hulle vermoed die voëls het as gevolg van voëlbotulisme gevrek. “Ons monitor die situasie daagliks.”

Luphahla het gewaarsku lede van die gemeenskap moenie die dooie voëls eet nie, aangesien dit dodelik kan wees.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: