Kyk, meisie (7) tel meer as dubbeld haar gewig op

Rory van Ulf wat ’n skrapse 30 kg weeg, kan 80 kg dooiegewig optel. As dit nie indrukwekkend genoeg is nie, kan sy ook met 61 kg hurksitte doen.

Rory, van Kanada, het twee jaar gelede na haar vyfde verjaardag met dié soort oefening begin. Haar ouers sê alhoewel sy baie vasberade is en hard oefen, kom haar gesondheid altyd eerste. Sy het ’n geneesheer asook ’n sportgeneeskundige kinderarts wat na haar omsien.

Rory is mal oor tatoes en plak gereeld tatoes op haar lyf wanneer sy aan kompetisies deelneem.

Sy is verlede week as VSA se gewigstootkampioen in die onder 11- en onder 13-afdelings aangewys.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: