Ma gee dogter R100 om stil te bly na beweerde verkragting

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – Daar word beweer ’n 15-jarige meisie in die Matiwaneskop-omgewing is deur ’n man wat bekend aan haar is, verkrag, waarna haar haar ma (53) vir haar R100 gegee het om stil te bly.

Kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, sê daar is vir die slagoffer gesê sy gaan by ’n familievriend bly en die vriend gaan vir haar klere, ’n selfoon en ’n gouetand koop. Mbele sê met die slagoffer se aankoms in Johannesburg is sy aan verskeie mans voorgestel. Sy is glo daardie nag verkrag.

Mbele sê sy is die volgende oggend terug na haar ma se huis toe geneem. Dit is toe sy na bewering sien hoe die man aan haar familie ’n bedrag geld gee. Die slagoffer is deur twee ander meisies van die area gered en gehelp. Sy het die voorval by die Elandslagte-polisiekantoor aangemeld en klagtes van mensehandel en verkragting word ondersoek.

Die polisie het bevestig die slagoffer se ma is in hegtenis geneem. Die verdagte sal vandag in die landdroshof op Ladysmith verskyn.