Baie mense glo aan samesweringsteorieë oor hoe die Covid-19-virus ontstaan het. Sommige beweer die virus word deur die deur 5G-netwerktorings versprei.
Radiogolwe en mobiele netwerke
“5G-netwerke versprei nie Covid-19 nie. Virusse kan nie op radiogolwe en mobiele netwerke beweeg nie. Covid-19 versprei in baie lande wat nie 5G-netwerke het nie,” het Zweli Mkhize, minister van gesondheid, Suid-Afrikaners die week gerusgestel.
Mkhize sê Suid-Afrikaners moet onthou die virus word deur druppels wanneer ’n besmette persoon hoes, nies of praat, versprei. Mense kan ook besmet raak deur aan ’n besmette oppervlak te raak en dan aan hul oë, mond of neus te vat.
Mense word gewaarsku
Mense word gewaarsku om nie vrees by ander deur samesweringsteorieë te skep nie. Stella Ndabeni-Abrahams, minister van kommunikasie, sê daar word beweer die torings wat die afgelope week in KwaZulu-Natal afgebrand is, kan met die 5G-netwerkbewerings verbind word.



