January 20, 2021

Vrou wat in video skree sy kry nie asem nie, sterf

DURBAN. – ’n Video waarin ’n vrou skree sy kry nie asem nie is die afgelope paar dae op sosiale media rondgestuur. Die vrou in die video het intussen gesterf.

Die vrou het in die video geskree sy benodig hulp, maar niemand het haar tydens die neem van die video gaan help nie. Geen verpleegpersoneel is in die video te sien nie. Die video wys ook hoe pasiënte op die vloer van die hospitaal lê.

Die KwaZulu-Natalse gesondheidsdepartement het intussen ’n verklaring uitgereik. Die departement sê op die betrokke dag het die hospitaal ’n groot aantal pasiënte ontvang. Daar was ook 11 dokters in isolasie en 17 verpleegpersoneellede afgeboek weens Covid-19. Ses verpleegsters was in beheer van die eenheid vir ongelukke en noodgevalle, asook ’n saal met 28 beddens waar baie siek mense lê.

Die verklaring sê ook die verfilming en verspreiding van videomateriaal van pasiënte, binne die sorg van die hospitaal, sonder toestemming, is teen die wet. Die departement het intussen ekstra personeel ingekry en ook planne uitgevoer om meer beddens beskikbaar te stel.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *