January 17, 2021

Kimberley-man in hegtenis geneem

Foto: Saps.gov.za

NOORD KAAP. – ’n Man (29) is hier vir die besit van dwelms in Galeshewe in hegtenis geneem.

Kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, sê die polisie het ‘n lasbrief vir ‘n perseel in Solly Legodistraat gehad. Die polisie het CAT en tik, ter waarde van R2660 gekry, wat in ’n  gloeilamp weggesteek was. Meer as R6000 kontant is ook weggesteek in ’n klerekas gevind.  Die kontant is vermoedelik die opbrengs van die verkoop van die dwelms.

Die verdagte sal binnekort in die hof verskyn.

Foto: SAPS.gov.za

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *