January 20, 2021

Video wys hoe polisieman op sypaadjie lê, vermoedelik dronk

GAUTENG. – Twee verskillende video’s waarin ’n polisieman vermoedelik dronk is, is oral die afgelope tyd tussen Suid-Afrikaners gedeel. Suid-Afrikaners was woedend, want net ‘n paar dae voor die video’s aan die lig gekom het, het die president weer die drankverbod ingestel.

Die eerste video wys hoe die polisieman op die sypaadjie lê en probeer om iets te sê. Die tweede video wys waar die polisieman agter ’n publieke bank sit. In die video sukkel hy steeds om te praat.

Brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder, sê die beampte wat nie aan diens was nie, is Vrydag glo onder die invloed van drank in Toekomsrus gevind. Peters sê verder ’n interne proses wat ooreenstem met die dissiplinêre regulasies van die polisiediens is aan die gang.

Die betrokke beampte word daarvan aangekla dat hy in die openbaar dronk in ’n polisie-uniform was en is vrygelaat weens die erkenning van skuld.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *