January 20, 2021

‘Liewe Jesus het mamma kom haal’

KIMBERLEY. – “Ek het vir ons seuntjie (4) gesê Liewe Jesus het vir Mamma kom haal. Hy weet Mamma is nou in die wolke by Liewe Jesus.”

Corné Faber (38), inwoner van hier, se vrou, Geraldine Faber, is ongeveer 01:20 op Nuwejaarsoggend van hom af weggevat.

Sy voel nie lekker nie

“Ons het die nuwe jaar by die huis gevier. Geraldine se pa en sy vrou, sussie (Chantel) en haar sussie se man (Charl) was hier by ons huis. Die nuwe jaar het 24:00 aangebreek en almal het mekaar gelukgewens. Geraldine was heeltyd haarself die aand. Sy het nog met haar pa gedans,” sê Corné.

Geraldine het daarna gesê sy voel nie lekker nie.

Corné sê Geraldine het kamer toe gegaan om bietjie te gaan lê.

Doodsondersoek is gedoen

Hy het ongeveer 20 minute later weer by die kamer ingegaan. “Sy het net daar gelê. Dit is toe ek besef ek is te laat.”

Corné sê ’n doodsondersoek is gedoen. Hy sê die doodsondersoek wys sy is oorlede as gevolg van natuurlike oorsake.

Gedenkdiens

Geraldine se gedenkdiens begin Donderdag 14 Januarie om 11h00 en sal by die Bikers Church gehou word.

As gevolg van die regulasies sal slegs 50 mense by die diens toegelaat word. FiND iT sal die diens regstreeks uitsaai.

Klink hier om Donderdag regstreeks die diens te volg.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *