January 17, 2021

Polisie op soek na man wat vrou verkrag en ernstig beseer

KAAPSTAD. – Die polisie is op soek na ’n man nadat ’n vrou (38) op Tweede Kersdag verkrag en ernstige inwendige beserings toegedien is.

Sy is na die voorval na ’n hospitaal vir die nodige operasies. Kapt. Willie Reyneveld het gesê die aanvaller van die vrou het ‘n beanie en klapmus tydens die aanval gedra. Die voorval het tussen 01:00 en 02:00 op 26 Desember plaasgevind.

Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, bevestig die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe in Milnerton ondersoek ’n saak van verkragting en poging tot moord. Niemand is al in hegtenis geneem nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *