400% toename in Covid-pasiënte by Mediclinic Kimberley Gariep

KIMBERLEY. – Die Mediclinic Kimberley Gariep het ’n toename van 400% in die afgelope twee weke van Covid-19 pasiënte ontvang.

Denise Coetzee, woordvoerder, sê die hospitaal gebruik tans meer as 1.2 ton suurstof per dag en is bekommerd oor die groot toename in Covid-19 pasiënt by dié hospitaal.

“Die toediening van suurstof is ’n punt van bekommernis. Ons is in die proses om die toename in die aanvraag van suurstof aan te spreek.”

Coetzee sê die hospitaal is toegerus om toename in pasiënte te hanteer en het genoeg beddens, ventilators en personeel.

Coetzee het die publiek gevra om die nodige voorsorgmaatreëls in te stel om gesond te bly. “As jy enige simptome, soos kortasem, koors, seer keel, hoes of blootstelling aan die virus het, kontak jou geneesheer.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: