Onthou om die volgende ook te reinig

Ons is al so gewoond daaraan om ons hande gereeld te reinig. Dit het al deel van ons daaglikse lewe geword om handreiniger te gebruik of ons hande dikwels deeglik met seep en water te was. Daar is wel ander goed waaraan ons gereeld vat wat ons nie gereeld skoonmaak nie.

Jou selfoon

Jy loop in ‘n winkel en vat aan jou selfoon. Jou selfoon lê op verskillende plekke waar daar moontlik kieme kan wees. Reinig gereeld jou selfoonomhulsel. Wanneer jy by die huis van die winkels of werk kom, vee jou selfoon met ‘n reiniger wat ten minste 70% alkohol bevat, af. Spuit die reiniger op ’n papierservet en maak jou selfoon skoon.

Jou stuurwiel en sleutels

Meeste van ons is in ’n roetine om ons hande te reinig sodra ons in die motor klim. Baiekeer voor ons dit doen, het ons reeds aan die motor se stuurwiel gevat. Gebruik ’n alkoholspuit om jou motor se stuurwiel af en toe af te vee. Die alkoholmengsel sal vinnig absorbeer en nie jou stuurwiel klam laat nie. Moenie van jou sleutels vergeet nie. Spuit ‘n handreiniger oor jou sleutels en vee dit af.

Handvatsels van deure

Meeste van ons weet die handvatsel van die badkamerdeur is die vuilste en meeste vol kieme. Alhoewel jy gereeld jou huis skoonmaak, moet jy af en toe deur jou huis stap en die handvatsels van die deure met ’n alkoholmengsel spuit en afvee.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: