January 24, 2021

Khayelitsha-gemeenskapslede val glo polisiebeamptes aan

Foto: Pixabay

KAAPSTAD. – ’n Man van Khayelitsha kom na verwagting die week in die hof voor vir die beweerde aanhitsing tot geweld teenoor twee metropolisiebeamptes.

Volgens The Citizen wou polisiebeamptes Sondag ’n man in besit van tik arresteer. Die man het probeer om die inhegtenisneming te ontduik. Toe hy dit nie regkry nie, het hy omstanders van die gemeenskap gevra om hom te help. Die omstanders het die twee beamptes met klippe gegooi en het ligte beserings veroorsaak. ‘n Patrollievoertuig is tydens die insident beskadig. Die verdagte is wel gearresteer op aanklag van die besit van dwelms en ‘n gevaarlike wapen, oproerige gedrag, kwaadwillige saakbeskadiging en die nie-uitvoering van ’n wettige opdrag.

Jp Smith, die Mayco-lid van veiligheid en sekuriteit, het sy woede oor die saak uitgespreek. “Die mense wat by hierdie aanval betrokke is, is dieselfde mense wat môre of volgende week hulp sal benodig. Hulle sien geen probleem daarmee om mense aan te val en te vervreem wat daagliks hul lewens waag om ‘n veiliger omgewing vir ons gemeenskappe te skep nie.”

Die afgelope paar maande is dit algemeen dat polisiebeamptes, paramedici en brandweermanne slagoffers van geweld raak.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *