Sewe sterf toe vragmotor, minibus en Pajero bots

Deel hierdie storie / Share this story

HARRISMITH. – Twee insittendes in ‘n Pajero en vyf familielede in ‘n minibus is op die toneel dood verklaar toe drie voertuie in ‘n gru-ongeluk op die N3 betrokke was.

‘n Seun (15) wat in die minibus was, het ernstige beserings opgedoen. OFM berig die Pajero is teen die versperring van die hoofweg gevind. Die minibus was onder die voorkant van ‘n vragmotor, in die veld, vasgekeer.