January 17, 2021

Land bly op aangepaste vlak drie

Foto: EWN

Cyril Ramaphosa sê ons gaan 2021 in met vele hoop. Hoop op gesondheid. Die getalle van die vlaag is veel hoër as verlede jaar. 4600 mense is al hierdie jaar aan die virus dood. Vanaf die begin van die pandemie het 1.2 miljoen mense al positief vir die virus getoets. 33 000 het gesterf as gevolg van die virus.

Die laaste sewe dae het KwaZulu-Natal, Wes-Kaap, Gauteng, Noord-Wes en Limpopo die meeste gevalle gehad. Oos-Kaap se getalle is nou laer as in Desember. Meer as ’n derde van die mens in die hospitaal is op suurstof.

Die tweede vlaag wat die land tans ondervind is as gevolg van die nuwe variant van die virus, genaamd 501v2. Hulle nuwe variant maak jou nie sieker nie, maar mense is geneig om vinniger aan te steek.

Hierdie variant kan ook voorkom word deur dieselfde voorsorgmaatreëls te tref as wat die land in die eerste vlaag gebruik het. Vermy klein spasies met baie mense en behou ’n veilige sosiale afstand.

Ramaphosa sê ons moet onthou ons kan ’n verskil maak. Hy sê die land moet alles moontlik doen om die verspreiding van die virus te stop.

Ramaphosa bedank al die Suid-Afrikaners wat hulle maskers in die publiek dra. Hy moedig mense aan om aan te hou maskers dra om die virus te voorkom. ‘n “Super spreader event” is ’n geleentheid waar die virus vinnig versprei. Ramaphosa sê begrafnisse word as so ‘n geleentheid gesien en dit is al vele kere bewys.

Die president het besluit die land bly op die aangepaste vlak drie. Meeste re reëls bly.

  • Sosiale en politieke byeenkomste sal nie toegelaat word nie. Behalwe begrafnisse mag nog plaasvind met slegs 50 mense.
  • Publieke swembaddens bly steeds toe.
  • Die aandklokreël is nou vanaf 21:00 – 05:00.
  • Alkohol mag steeds nie verkoop word nie.
  • Parke waar daar reeds regulasies in plek is, mag oopbly.
  • Die 20 grense wat tans oop is sal tot 5 Februarie toemaak.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *