January 17, 2021

Wie gaan die entstof by die gesondheidswerkers kry?

“’n Persoon wat die inenting ontvang het, sal nie ernstig siek word nie en sy kanse om te sterf, is kleiner,” het die president vanaand in sy toespraak gesê.

Ramaphosa sê sodra 60 miljoen mense vir die virus ingeënt is, sal die land kudde-immuniteit bereik. Dit is wanneer ongeveer 67% van die land ingeënt is en die virus kan dan meer beheer word.

Die inenting sal in drie fases plaasvind:

  • Eerstens moet Suid-Afrika genoeg entstof kry om die hoeveelheid mense vir kudde-immuniteit in te ent. Ramaphosa sê die kabinet onderhandel al die afgelope ses maande vir die entstof. Hy sê geen definintiewe ooreenkomste is al gemaak om meer inentings te kry nie. Ramaphosa het daarna aangekondig die land het wel al 20 miljoen eenhede entstof bekom.
  • Tweedens moet groepe bymekaar gesit word. Die groepe sal bepaal wie eerste die inenting kry. 1.2 miljoen gesondheidswerkers sal vir die eerste fase gegroepeer word. Tweede sal ander noodsaaklike werkers soos onderwysers, polisielede, ouetehuisinwoners en tronkinwoners ingeënt word. Dit sal altesaam 16 miljoen mense wees. Daarna sal nog 22 miljoen volwassenes ingeënt word.
  • Derdens sal die entstof na die res van die bevolking versprei word. Mense sal by klinieke, hospitale, apteke en werksplekke ingeënt word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *