Japannese bid in yswater vir einde van pandemie

Mans in tradisionele lendedoeke en vrouens in wit klere geklee, het Sondag tydens ’n Shinto-ritueel by ’n heiligdom in Tokio in ’n bad vol yswater geklim om hulle siele te reinig en te bid vir die einde van die Covid-19-pandemie.

Die groep van 12 mense wat aan die ritueel deelgeneem het, het eers opwarmingsoefeninge gedoen voor hulle in die bad geklim het. Die bad was met massiewe blokke ys gevul. Dit was slegs 5⁰C dié aand.

Meer mense neem gewoonlik aan die ritueel deel, maar as gevolg van die pandemie moes hulle die hoeveelheid mense beperk word. Die gedeelte “afwering van epidemies” is by die tema van die jaarlikse byeenkoms gevoeg. Dit word al vir die afgelope 66 jaar op die tweede Sondag van elke jaar gehou.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: