January 17, 2021

‘Ek sal op WhatsApp bly,’ sê Suid-Afrikaners

Om oor te skuif vanaf WhatsApp na Telegram of Signal is seker huidiglik een van die grootste onderwerpe op sosiale media.

“Almal wat van WhatsApp na Telegram of Signal oorskuif, kan Facebook ook delete. Hulle moet ook dan nie meer hulle Google-rekeninge en Gmail gebruik nie,” sê Claudi Boshoff, ’n FiND iT-leser.

Meeste Suid-Afrikaners voel almal se inligting word in elk geval oral gedeel. Hulle mening is jy moet instem tot enige app se voorwaardes voor jy registreer om dit te kan gebruik.

Konrad Mans spot en sê: “Tot Facebook vir Telegram oorkoop nadat almal soontoe gehol het.”

Ander WhatsApp-gebruikers voel weer verplig om oor te skuif Telegram toe. “Die meeste van my mense gaan Telegram toe, wat my half dwing om ook te gaan, anders gaan ons kontak verloor, so ja ek gaan telegram toe skuif,” sê Mina Putter Britz.

Daar is wel mense wat gemengde gevoelens oor die onderwerp het. “Wie weet, dit maak mens deurmekaar, want jy weet nie wat reg is nie,” antwoord Ananda Botha op die vraag oor of sy WhatsApp gaan verlaat.

“Daar is nou baie stories en elkeen is een of ander kenner van die app.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *