JAPAN. – Die Japannese gesondheidsminister het Sondagaand gesê ’n nuwe variant van Covid-19 is by vier reisigers van Brasilië opgetel.
“Dit is ’n aanduiding dat die virus besig is om te muteer.”
Studies word nou gedoen om die doeltreffendheid van die entstowwe teen die nuwe variant te toets. Die nuwe variant in Brasilië verskil van die hoogs-aansteeklike variante wat eers in Brittanje en toe in Suid-Afrika gevind is.
Lees die volledige berig in NBC News hier.



