January 17, 2021

2.2 miljoen laai Telegram in die afgelope twee dae af

WhatsApp het onlangs aangekondig hy het sy voorwaardes verander en gebruikers is nou bang hulle persoonlike inligting word gedeel.

Vandat die aankondiging gemaak is, het vele mense WhatsApp verlaat en Telegram of Signal afgelaai. Sensor Tower se statistieke toon meer as 100 000 mense het in die laaste twee dae Signal installeer terwyl meer as 2.2 miljoen mense Telegram afgelaai het.

Arthur Goldstuck, die hoof uitvoerende beampte van World Wide Worx, verduidelik hier in die video hoekom WhatsApp sy voorwaardes verander het asook hoe dit gebruikers gaan beïnvloed.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *