Te warm vir koffie? Maak vir jou dié heerlike yskoffie.
Bestandele
1 teelepel koffie van jou keuse
koue water
koue melk
gekookte water
ys
room
- Gooi een teelepel koffie in ‘n beker.
- Gooi ongeveer 10 ml warm water by en roer tot die koffie opgelos het.
- Vul ‘n ander beker met ys.
- Vul die beker verder met helfte water en helfte melk.
- Gooi die koffiemengsel stadig oor die melk, water en ys.
- Geniet met gekliste room of skuimmelk bo-op.



