Liggaamsdele en wrakstukke gevind na vliegtuig neerstort

Indonesië se weermag het vanoggend bevestig duikers het liggaamsdele en wrakstukke uit die see naby die kus van Djakarta gevind, waar ’n Boeing 737-500 gister opgestyg en neergesort het.

Ongeveer 60 passasiers was op die vliegtuig. Die vliegtuig was op pad na die eiland Borneo, maar het vier minute nadat dit opgestyg het, kontak met die beheerkamer verloor. Die owerhede is nog nie seker of daar enige oorlewendes is nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *