Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het gisteraand die nuutste Covid-19-syfers in Suid-Afrika bekendgemaak.
Die infeksiesyfer het oornag met 21 606 meer geword. Daar is nou in totaal 1 214 176 positiewe gevalle van die virus in die land.
Die aantal sterftes weens Covid-19 wat in die land aangemeld is, is 32 824 en 956 712 persone is van die virus genees.
Die land se gesondheidspanne kon tot op hede 7 120 842 toetse vir die virus doen.



