WhatsApp verander diensvoorwaardes, persoonlike inligting word nou gedeel

Deel hierdie storie / Share this story

WhatsApp verander sy diensvoorwaardes om gebruikers te dwing om persoonlike data, insluitend telefoonnommers en ligging, met sy moedermaatskappy Facebook te deel.

Volgens Business Insider US is ‘n boodskap aan gebruikers gestuur wat sê indien WhatsApp-gebruikers nie teen 8 Februarie toestem tot die nuwe voorwaardes nie, sal hulle nie meer WhatsApp kan gebruik nie.

Facebook het WhatsApp in 2014 gekoop en in 2016 is gebruikers die eenmalige kans gegee om te verhoed dat app-inligting met Facebook gedeel word. Elon Musk en Mike Butcher het mense op Twitter aangeraai om WhatsApp van hulle fone af te vee en liewer Signal of Telegram te gebruik.