“Op hierdie ouderdom en die gewig wat sy nou is, beweeg sy nie so maklik soos 15 jaar gelede nie. Serena was ‘n opspraakwekkende speler. As sy ’n bietjie ordentlikheid het, sou sy aftree,’ sê Ion Tiriac (81), ’n afgetrede tennisspeler, wat in 1968 die agtste beste speler in die wêreld was.
Williams (39) se man, Alexis Ohanian, was woedend oor die uitlating. Dit is glo nie die eerste keer wat Tiriac Williams kritiseer nie. Hy het ook in 2018 vir haar gesê om af te tree.
“Dit is ’n onkundige opmerking en dit is ‘n seksistiese opmerking, miskien is hy ‘n onkundige man,” het Williams in ‘n verklaring gesê



