January 24, 2021

Vrou dood na vermoedelike haai-aanval

photo Orcas blamed for disappearance

Nieu-Seeland. –  ‘n Vrou in haar twintigs is vermoedelik deur ’n haai doodgebyt.

Die jong vrou het by die Waihi-strand gaan swem en was vermoedelik deur ’n haai aangeval.

Volgens The Guardian het ’n bystander vertel hy het die vrou gesien swem reg voor die lewensredders se vlae, wat volgens hom redelik ver in die see in is. Hy sê hy het ’n geskree gehoor en die lewensredders het ’n opblaasreddingsboot gevat om haar te gaan haal. Haar vriende was duidelik baie bekommerd.  Lewensredders het vir meer as 20 minute kardiopulmonêre resussitasie op die vrou gedoen in die hoop om haar lewe te red.

Polisiebeamptes het bevestig die vrou het erge wonde aan haar been gehad en het op die toneel aan haar beserings beswyk.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *