GAUTENG. – ’n Verkeersbeampte is in die hospitaal nadat ’n vermeende dronkbestuurder versuim het om te stop en hom raakgery het.
Sello Maremane, die woordvoerder van die Gautengse verkeerspolisie, sê die verkeersbeampte het die voertuig voorgekeer nadat hy opgemerk het die voertuig het geen nommerplate nie. Volgens Maremane het die bestuurder na bewering opsetlik nie stilgehou nadat hy opdrag gegee is om te stop nie en het in die proses die bene van ’n beampte getref.
Die motor van die bestuurder is ondersoek en die bestuurder is ook vir dronkbestuur getoets. Tuisgebroude alkohol is in sy besit gevind. Die verdagte ook was drie keer oor die voorgeskrewe wettige limiet van 0,24 milligram per 100 milliliter alkohol.



