Elon Musk – wêreld se rykste man

Deel hierdie storie / Share this story

Elon Musk (49) is nou amptelik die rykste man in die wêreld nadat hy Jeff Bezos verbygesteek het.

Na Donderdag het Musk ’n netto waarde van meer as $188,5 miljard gehad, $1,5 miljard meer as Bezos.

Musk is die hoof van Tesla en die eienaar van die ruimtemaatskappy, SpaceX. Op die ouderdom van 30 was hy reeds ’n miljoenêr toe hy Musk Zip2, ’n aanlyn advertensieplatform, verkoop het.

Musk is met Claire Elise Boucher, ’n sangeres, getroud. Hulle het in 2020 ouers geword toe hulle seuntjie op 4 Mei gebore is. Die seuntjie se naam is X AE A – 12.