Trump geblok op sosiale netwerke

Foto: Pixabay

Amerika- ’n Groep betogers het Woensdag deur ’n barrikade by Capitol Hill gebreek nadat hulle ’n tydren, wat vir Trump-ondersteuners was, bygewoon het.

Volgens die BBC word Trump weer toegelaat om plasing op Twitter te maak nadat hy vir 12 ure geblok was. Trump het glo plasings gemaak oor bewerings van kiesersbedrog. Trump het die betogers Woensdag geprys en gesê hy is lief vir hulle.

Twitter het ’n verklaring uitgereik en gesê as Donald Trump weer die sosiale netwerk se reëls oorskry, sal hy vir goed op die sosiale netwerk geblok wees.

Facebook en Instagram het vir Donald Trump geblok en het gesê die situasie sal hersien word wanneer die nuwe president Joe Biden op 20 Januarie ingesweer word.

Mark Zuckerberg, die medestigter van Facebook, het gesê dit ’n risiko is om vir Trump toe te laat om plasings op ’n sosiale netwerk te maak. Hy sê ook dat Trump se plasings verwyder is om geweld te voorkom.

Trump is van talle ander sosialenetwerkplatforms soos Twitch en snapchat geblok.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: