Het jy geweet dit kan jou hare beskadig?

Deel hierdie storie / Share this story

Daar is baie dinge wat ons by die huis kan doen om droë, beskadigde hare te op te kikker.

Gebruik ’n katoenhemp

Gebruik een van jou sagte katoenhemde om jou nat hare mee toe te draai nadat jy dit gewas het. Die katoen is sagter op jou hare.

Moenie nat hare uitkam nie

Wanneer jou hare nat is, is dit bros. Indien jy jou hare uitkam wanneer dit nat is, is die kanse groter dat jy jou hare kan breek.

Gebruik ’n tuisgemaakte masker

  • Meng een rou eier met ’n klein hoeveelheid sjampoe. Smeer die mengsel vir vyf minute aan jou droë hare en spoel goed uit. Hierdie behandeling help om die proteïene in jou hare te verbeter.
  • Meng een teelepel appelasyn met twee eetlepels olyfolie en drie eierwitte. Smeer die mengsel aan jou hare. Hou jou hare vir ‘n halfuur bedek met ’n plastieksak of ‘n stortkep. Was jou hare daarna met sjampoe.