Derde vrou dood na tuisgebroude alkohol

Deel hierdie storie / Share this story

VRYSTAAT. – ’n Derde Bloemfonteinse vrou (23) is dood nadat sy tuisgebroude alkohol gedrink het. Dit volg na die mengsel twee van haar vriendinne se lewens geëis het.

Mondli Mvambi, woordvoerder van die provinsiale gesondheidsdepartement, sê die vrou is gister in die Pelonomi-hospitaal dood nadat sy en vyf ander vriendinne verlede week opgeneem is.

Die identiteit van die vrou is nie in dié stadium bekend nie.