February 28, 2021

TikTok-neiging: Eet ’n Big Mac onder ’n minuut

Foto: Skermgreep

TikTok het gereeld nuwe neigings wat op die For you page gesien word. Elke TikTokker volg dan hierdie neiging sodat hulle video’s meer gedeel word. Die nuutste een op dié app is om ’n Big Mac van McDonalds onder ’n minuut te eet.

Alhoewel dit nie so moeilik klink nie, het verskeie mense wat dit probeer het, erken dit is moeiliker as wat dit lyk.

“Dit maak my naar as mense die burger so in hulle mond druk en dit so vinnig eet,” is een TikTokker se kommentaar oor die neiging.

Ander dink weer ’n burger is ‘n goeie manier om die nuwe jaar mee te begin.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: