January 24, 2021

13-jarige seun in park vermoor

Foto: Daily Mail

BERKSHIER.- Olly Stephens (13) is gistermiddag in ’n park naby sy ouerhuis vermoor.

Volgens die Daily Mail is die polisie gistermiddag uitgeroep na ’n park waar daar ’n messtekery plaasgevind het. Stephens is op die toneel dood verklaar.

Gerugte het begin rondgaan oor vyf tieners, tussen die ouderdom van 13 en 14 jaar, wat glo vir Stephens in ’n lokval gelok het in ’n poging om hom ’n les te leer. Dit is later deur polisiebeamptes bevestig en die vyf tieners is in hegtenis geneem in verband met die moord. Die saak bly steeds oop en verdere ondersoek word ingestel.

Talle blomme en briewe is op die toneel, asook buite Stephens se skool, neergelê ter herinnering van die jong seun se lewe. Stephens se sestienjarige suster Emillia het op Instagram ’n plasing gemaak: “Ek is so jammer ek het jou misluk, ek wens ek kon jou van alles gered het. Ons sal geregtigheid kry vir jou, my engel.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *