January 24, 2021

Huisplante kan jou net goed doen

Foto: Pixabay

Hier is ’n paar goeie redes vir jou om ’n huisplant te kry, asook drie van die maklikste huisplante om te versorg.

Volgens Lifestyle het die gebruik van plante binne jou huis ’n paar uitstekende voordele:

  • Absorbeer koolstofdioksied en stel weer suurstof vry.
  • Suiwer die lug deur gifstowwe te verwyder en help om siektes af te weer.
  • Verlaag spanning en skep ‘n ontspanne en gelukkige atmosfeer.
  • Verbeter konsentrasie en verryk jou algehele welstand.
  • Bevorder ‘n gesonder en gelukkiger werk- en leefomgewing.

Volgens Bloomscape  is die volgende drie plante ideaal vir iemand wat ʼn besige lewenstyl het, of selfs net vergeet om die plante water te gee.

Die geraamteplant (delicious monster) is ’n pragtige plant wat aanpasbaar is vir byna alle lugtoestande. Die plant kan ook ’n bietjie droogte hanteer, dus is dit okei as jy vergeet om hom water te gee.

Die skoonma-se-tong (sansivieria) is bekend vir sy lugsuiwerende eienskappe. Hy kan enige temperatuur en lugtoestande hanteer en benodig min water vir oorlewing.

Die Zanzibar gem is ’n baie maklike plant en sal floreer waar jy hom plaas, selfs in die badkamer. Hy benodig minimaal water.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *