February 28, 2021

Avokado en perske vir droë, growwe vel

Wil jy ’n gladde vel hê? Moet jou vel opgekikker word?

Gebruik avokado
Sny die vrug in die helfte. Verwyder die pit. Dop die skil af. Vryf met die binnekant van die skil in sirkelbewegings oor enige deel van jou vel. Avokado is ’n olievervaardiger en kan droë, growwe vel sag maak.

Gebruik perskes
Sny die perske in repies. Sit die repies tussen twee lae gaas of lapservette en pak dit op jou vel. Los dit vir 15 min. aan. Die perske sal jou vel opkikker en versag.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: