January 24, 2021

Leeuwelpie sonder oë in busbagasieruim gevind

Foto: Daily Mail

RUSLAND. – Grom, ’n leeuwelpie, is in die bagasieruim in ’n bus in Rusland gevind.

Volgens die Daily Mail is Grom vir 1900 km in ’n klein houtboksie aangehou. Hy het geen toegang tot kos of water gehad nie. Veeartse het bevestig Grom was slegs twee weke oud en is te vroeg van sy ma af weggeneem. Grom is aan ’n sirkus in Volgograd oorhandig. Hy is deur ’n veearts, wat katarakte in sy oë gevind het, ondersoek. Na baie pogings om sy oë te red, het veeartse besluit om beide die oë te verwyder. 

’n Bekende Russiese dierechirurg, Karen Dallakyan, het aangebied om na Grom om te sien, maar owerhede wou nie vir Grom aan hom oorhandig nie. Dallakyan beweer Grom se oë sou gered kon word as die owerhede vroeër opgetree het. Hy voel dit was verkeerd van hulle om die dier aan ’n sirkus te gee. Dallakyan het Vladimir Putin, Rusland se president, gewaarsku oor die gebrek aan kriminele sanksies teen dieresmokkelaars.

Owerhede kon niemand op die bus verbind met die smokkel van Grom nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *