Suid-Afrikaner wat aan vliegtuig vasklou kry asiel in Engeland

Deel hierdie storie / Share this story

ENGELAND. – Themba Cabeka (30) wat in 2015 vir ’n 11 ure tydens ’n vlug van 9 000 km van Suid-Afrika na Engeland aan ’n vliegtuig se wielboog vasgeklou het, is asiel in Engeland gegee.

Cabeka en ’n vriend, Carlito Vale, het glo aan die vliegtuig vasgeklou om uit Suid-Afrika van ’n lewe van armoede te ontsnap. Cabeka het homself met ’n elektriese kabel aan die vliegtuig vasgemaak.

Hy het tydens die vlug weens ’n tekort aan suurstof sy bewussyn verloor en is vir ses maande nadat hy met ’n gebreekte been op ‘n Britse lughawe op die grond gevind is, in ’n hospitaal aangehou.

Carlito Vale het dit ongelukkig nie gemaak nie en het na sy dood geval.

Cabeka is nou asiel in Engeland gegee en om vinniger in te pas, het Themba sy naam na Justin verander.