Polisieman koop vir winkeldiewe Kersete

MASSACHUSETTS. – ’n Polisielid het besluit om eerder vir winkeldiewe se Kersete te betaal in plaas daarvan om hulle in hegtenis te neem. Hy is uitgeroep na ’n winkel waar ’n gesin glo gesien was kos in hulle sakke druk.

By sy aankoms het hy die ma eenkant toe geroep sodat haar kinders nie die gespek hoef te hoor nie. Sy het aan hom verduidelik dat haar gesin nie geld het vir kos nie en dat sy wel van die kos betaal het, maar kon nie als bekostig nie.

Die polisielid het haar strokie deurgegaan en gesien sy het wel vir meer as die helfte van die kos betaal.  “Daar was niks luukshede of ander items op die strokie nie.”

Off. Mat Lima het net daar besluit om eerder vir die res van die familie se kos te betaal in plaas daarvan om hulle in hegtenis te neem. “Ek het myself in hulle skoene geplaas. Hoe moeilik moet dit nie wees om rondom Kerstyd niks te hê om te eet nie.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: