January 24, 2021

Onopgeloste moordraaisel van JonBenét Ramsey

Foto: Crime Museum

COLORADO. – Op 26 Desember 1996 het JonBenét Ramsey, ’n sesjarige dogtertjie, spoorloos uit haar bed verdwyn.

Volgens Crime Museum het JonBenét Ramsey se ouers vroeg die oggend opgestaan om reg te maak vir ’n vakansie wat die gesin beplan het. Mev. Ramsey het ‘n losprysbrief op die trappe van hul woning gevind. Die brief het $ 118,000 geëis vir die veilige terugkeer van hul dogter en het versoek dat geen owerhede betrokke raak by die situasie nie. Mev. Ramsey het dadelik die polisie geskakel, asook vriende en familie, om na hul vermiste dogtertjie te help soek.

Eenuur die middag het polisiebeamptes gevra mnr. Ramsey en ’n familielid moet saam deur die huis stap en kyk of enigiets vermis is. Dis toe dat die twee afkom op JonBenét Ramsey se liggaam in die kelder van die huis. Haar liggaam was in ’n wit kombers toegedraai.  

Baie potensiële bewyse en leidrade was vernietig

Talle foute is deur die owerhede gemaak in die soektog na die sesjarige dogtertjie. Slegs haar kamer was afgebaken, sodoende het die res van die mense vrye toegang gehad in die huis en is potensiële bewyse en leidrade verwoes. Asook toe mnr. Ramsey sy dogter se liggaam gevind het, het hy haar dadelik opgetel en na bo gedra, dit het nog meer potensiële bewyse en leidrade vernietig.

Die lykskouing het getoon JonBenét Ramsey het ’n skedelbreuk gehad, maar het gesterf as gevolg van verwurging. Geen bewyse van verkragting was op haar liggaam gevind nie, maar haar vagina was wel afgevee. Dit is bewys dat daar wel ’n vorm van seksuele aanranding plaasgevind het.

Ramseys kon nie onthou dat hulle vir haar pynappel gegee het om te eet nie

Tydens die lykskouing is tekens van pynappel in haar maag gevind, maar die Ramseys kon nie onthou dat hulle vir haar pynappel gegee het om te eet nie. Owerhede het wel in die Ramseys se kombuis op ’n bakkie pynappel afgekom, met die negejarige boetie Burke se vingerafdrukke op. Owerhede kon dit nie beskou as enige tasbare bewyse nie, aangesien vingerafdrukke nie aan tyd gekoppel kan word nie.

Die raaisel om die dood van die sesjarige meisie is tot vandag nog nie opgelos nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *