Man toets positief na Covid-inenting

KALIFORNIË. – ’n Verpleegster (45) wat ’n week gelede die Covid-19-inenting ontvang het, het positief vir die virus getoets.

Inenting ontvang

Volgens ABC News Affiliate het die verpleegster op 18 Desember ’n boodskap op sy Facebook geplaas dat hy die inenting ontvang het. Hy skryf sy arm was vir ’n dag seer, maar hy het geen ander newe-effekte ervaar nie. ’n Week daarna het hy begin sleg voel en is vir die virus getoets.

95% effektief

Christian Ramers, ‘n spesialis in aansteeklike siektes by Family Health Centres of San Diego, sê hy verstaan hoekom die man positief kon toets. Volgens Ramers neem die inenting 10 tot 14 dae om in jou liggaam te ontwikkel. Hy sê ’n tweede dosis is nodig vir die inenting om 95% effektief te wees.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *