Sestien beseer toe taxi rol

Deel hierdie storie / Share this story

VAN REENEN. – Sestien volwassenes is beseer, waarvan twee kritiek, nadat die taxi waarin hulle gery het gistermiddag op die N3 gerol het.

ER24-paramedici het om 16:48 op die toneel afgekom, net nadat dit gebeur het. Sommige van die passasiers was nog in die taxi en ander is uit die taxi geslinger terwyl dit gerol het.

 Twee vroue van onderskeidelik 46 en 32 jaar oud, is in ’n kritieke toestand gevind. Hulle is na die Ladysmith-provinsiale hospitaal vir verdere sorg vervoer. ER24 het ook etlike ander beseerdes wat minder ernstige beserings opgedoen het na die hospitaal geneem.