Gebruik dié kombuisprodukte vir ’n olierige vel

Deel hierdie storie / Share this story

Sukkel jy met ’n olierige vel? Het jy al alles probeer? Gaan haal die volgende uit jou kombuis:

Komkommer

Rasper ’n stuk komkommer en druk die sap uit. Druk ’n stukke watte in die komkommersap en sit dit met drukbewegings aan jou gesig. Die sap dien as ’n verfrissende saamtrekmiddel om olierigheid te bestry.

Amandels

Voeg ’n koppie melk by fyn amandels. Giet dit deur ’n sif en voeg bietjie suiker by. Smeer dit aan jou gesig en was dit na 10 min. af. Die olie in die neute sal jou vel sag maak.

Volg FiND iT hier.