KWAZULU-NATAL.- ’n Man (38) is gered nadat hy ongeveer 40 meter van die uitkykplatform by Howick Falls in KwaZulu-Natal geval het. Die man beweer hy is omstreeks 02:00 deur onbekende aanvallers agtervolg was toe hy van die platform afval.
ER24-paramedici het net voor 06:30 op die toneel aangekom nadat hulle deur die Suid-Afrikaanse polisiediens, wat reeds saam met ’n ander private nooddiens op die toneel was, in kennis gestel is.
Die uitkykplatform sit aan die kant van die waterval en daar kon gesien word hoe die man aan ’n tak op ’n klein randjie, 40 meter langs die kranswand van 95 meter, vasklou.
Die man is gered nadat paramedici hom van die kranswand gelig het. Hy het net ligte beserings opgedoen.
Die foto is aan ER24 deur die polisie se soek-en-reddingspan verskaf.



