Ma maak glo dwelmverslaafde seun aan ketting vas

KAAPSTAD. – ’n Ma het na bewering haar dwelmverslaafde seun met ’n ketting aan ’n muur vasgemaak om te keer dat hy steel. Hy is later dood gevind.

Kol. Sibongile Soci, polisiewoordvoerder, sê ’n moordsaak word ondersoek. Soci sê die polisie is deur die gemeenskapslede ontbied oor die lyk van Asanda Manono (19) wat in ‘n oop veld gelê het. Met hulle aankoms het die polisie die gekneusde lyk ontdek. Daar word beweer Manono is saans na ’n staalhouer geneem, waar hy aangerand was.

Die LUR vir sosiale ontwikkeling, Sharna Fernandez, sê Manono was al in rehabilitasie geplaas, waar hy verskeie kere ontsnap en weggehardloop het.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *