My masker gee my puises

Om elke dag ’n masker te dra, het deel van ons lewens geword. Dis een ding wat ons ongelukkig nie kan vermy nie. Party mense dra hulle maskers vir langer ure as ander. Die masker kan baie warm raak en mens is geneig om meer te puisies te kry.

Een rede vir meer puisies kan wees omdat ons geneig is om meer onder ons masker te sweet. Wat kan jy doen om puisies onder jou masker te verminder?

Was gereeld jou masker

Die maskers kan baie warm en mens is geneig om meer te sweet. Sweet kan veroorsaak dat bakterieë op die masker broei. Laat lê gereeld jou masker in warm water en was dit met seep.

Moenie te veel grimering dra nie

Smeer slegs ’n dun lagie onderlaag aan jou vel. Jy kan ook ’n bietjie poeier bo-oor jou onderlaag aanwend om te keer dat jou onderlaag aan jou masker afsmeer en wrywing veroorsaak.

Was jou gesig deeglik

Met die masker is daar heeltyd wrywing teen jou vel. Sorg dat jy jou gesig saans deeglik was. Gebruik elke derde aand ’n afskilferproduk om van die ekstra bakterieë in jou porieë ontslae te raak.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *