VRYSTAAT. – Lede van die Nasionale Seereddingsinstituut het hulp verleen na ’n donkie op ’n eiland in die Vaaldam in die omgewing van Deneysville gestrand was.
Daar word beweer die donkie was vir vier weke op die eiland gestrand omdat watervlakke geleidelik begin styg het. Die donkie kon nie die oewer oorsteek nie. Met die NSRI en ’n veearts se aankoms is bevestig die donkie is baie gespanne en ondervoed.
Die donkie is met ’n boot en draagbaar gered nadat hy eers verdoof is. Hy is daarna met sy eienaars herenig.
Volg FiND iT hier.



