S.A. het klaar R283 miljoen vir Covid-19-inenting betaal

“Ons kan bevestig dat ons die ooreenkoms met COVAX onderteken het en dat die Solidariteitfonds die aanvanklike betaling van R283 miljoen aan die fasiliteit gemaak het,” het president Cyril Ramaphosa gisteraand in sy toespraak gesê.

Die Solidariteitfonds is ’n multisektorale fonds wat geld van die regering, ’n aantal individuele Suid-Afrikaners, politieke partye en sakekorporasies ontvang.

Tweede kwartaal van 2021

Ramaphosa sê Suid-Afrika is deel van die eerste groep lande wat entstof vanaf COVAX sal ontvang. Daar word verwag Suid-Afrika sal die entstof in die tweede kwartaal van 2021 ontvang.

“Ons werk daaraan om binne ’n kort tyd voldoende hoeveelheid entstof te kry om die kwesbaarste mense in ons gemeenskap te beskerm.”

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: