Vrou oorhandig haar na hofskietery

KIMBERLEY. – Die polisie in Kimberley ondersoek ‘n saak van poging tot moord na ‘n man Woensdagmiddag voor die landdroshof geskiet is.

Kol. Dimakatso Mooi, polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap, sê die man is geskiet pas nadat hy in die hof verskyn het. Hy is tans in ‘n kritieke toestand in die hospitaal.

‘n Vrou (28) het haarself aan die polisie oorhandig en gesê dis sy wat hom geskiet het. Die motief is nog onbekend.

Die verdagte verskyn binnekort in die hof op aanklag van poging tot moord.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: