Man sterf na valskermsweefongeluk

Deel hierdie storie / Share this story

KAAPSTAD. – ‘n Man (57) is Woensdagmiddag dood in ‘n valskermsweefongeluk by Leeukop in Kaapstad.

Johan Marais van Wilderness sê hulle het om 12:38 die oproep gekry dat ‘n valskerm by Leeukop geval het. ‘n Reddingshelikopter is ontbied en ‘n paramedikus is naby die valskerm laat sak.

Hy het toe op die 57-jarige man afgekom en vasgestel dat hy in die ongeluk omgekom het. ‘n Reddingspan is na die ongelukstoneel en die man se liggaam is weggeneem.