KAAPSTAD. – ’n Ondersoek is van stapel gestuur nadat ’n video waarin ’n jongman ’n bejaarde met ’n elmboog slaan op sosiale media geplaas is.
Die jongman word deur sy vriend, wat die video neem, aangemoedig om teen die man op te tree nadat die bejaarde glo in sy gesig gespoeg het. Daarna wys die video hoe die een man die ouer man met sy elmboog in die gesig slaan. Die ouer man val dan agteroor en lê op die grond.
FC van Wyk, polisiewoordvoerder, sê die voorval word deur die Woodstock-polisie ondersoek.
Volg FiND iT hier.



